Die Hart van ‘n Ma

Die Hart van ’n Ma
Die Hart van ’n Ma deur Abraham Phillips is ’n hartroerende verhaal oor die stryd wat ’n gemeenskap voer teen die dwelm tik. Die leser word gekonfronteer met die smart en verlies van moeders in Doringdal.
In die roman staan die ma-figuur sentraal. Een moeder van Doringdaal vertel dat “Hierdie ding tik, hy vreet ons harsings op, hy breek ons huise op. Dis ons ma’s wat ’n plan moet maak…”
Die roman van Phillips is ’n ontroerende en eerlike uitbeelding wat handel oor die gemeenskap se wroeging met die magte buite hul beheer. Die moeders in die gemeenskap kyk magteloos toe hoe hul gesinne uitmekaargeskeur word deur die onblusbare honger na tik.
Die hartseer en verwyt wat deur die geemskap gesaai word ontbloot elke ma se diepste wens: die oorlewing en voortuitgang van haar kinders en gesin.
Maria verloor haar man en seun in die oorlog teen tik. Haar suster, Stienie en hul buurvrou Bettie neem ook hul kruise op nadat hul seuns in die aangesig van tik gesneuwel het.
Die leser word gekonfronteer met sy eie menslikheid en idee oor wat geregtigheid beteken: wie moet verantwoordbaar gehou word en hoe moet die probleem aangespreek word?
Kaptein Wielieboy Mathabola ondersteun die ma’s van Doringdal. Mathabola is die morele kompas in die gemeenskap en prober sin maak van die duister tik wereld en sy wantroue in Stanley, ’n polisie beampte.
Skoolhoofde en gemeenskapsleiers sit met hul hande in hul hare oor wat hulle te doen staan. Skole vind dit makliker om ‘tikkoppe’ te skors omdat daar nie die mannekrag is om die probleem aan te spreek in die klaskamers nie.
Wanneer die leser tot verhaal kom dat dit pastoor Isak Louw is wie vir die bendelede inligting verskaf oor die polisie se doen en late is daar ’n verbitterde golf wat oor ’n mens spoel. Die leser besef opnuut: niemand is verhewe bo die euwel van tik nie; sy koue kloue strek tot in die kerk.
Die tonele wat in die gevanenis afspeel laat lesers na hul asem snak in ongeloof. ’n Mens kan amper nie tot verhaal kom dat sulke afgryslikhede in tronke kan plaasvind nie. Tronke is dan tog ’n plek waar misdadigers gerehabiliteer moet word?
Die dialoog en taalgebruik in Die Hart van ’n Ma lees maklik en dra by eerder as om weg te neem van die verhaal. Daar is ook genoeg ruimte vir die leser om self die verhaal van smart te beleef sonder om voorgeskryf te word deur Phillips.
Die roman sê hard en duidelik: ons kan nie meer die probleem onder die mat probeer vee nie!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s