Meerfout en die eenvoud van vrouwees

Meerfout is ’n humoristiese, tog ernstige blik op vrouwees. Dit plaas klem op die verskillende rolle wat vroue speel in die samelewing en wat daar van hulle verwag word… én wat hulle van hulsélf verwag.
Dit handel oor die dialoog wat plaasvind binne elke vrou; tussen die twee vroue binne haar, tussen wat sy wíl doen en móét doen. Tussen die vrou wat sy is en die vrou wat sy wil wees. Die harmonie tussen die twee stemme binne elke vrou is maar skaars… die “ontmoeting tussen die twee vroue is ’n delikate oorlogsdans en as hulle nie saam die ritme kan bepaal nie, verwoes die een die ander.”
Meerfout spreek tot elke vrou. Die teks, wat geskryf is deur Gideon Lombard en die geselskap, is ritmies en rig die gehoor se aandag op die ménswees van vrouwees. Vroue wat lag, wat huil, wat liefhet en liefgehê wil word. Vroue wat eens op ’n tyd dogtertjies was en meisies was met drome.
Die dialoog in Meerfout is fyn gesny en die teks se ritme dra by tot die idee van ’n oorlog wat plaasvind binne elke vrou. Daar word suksesvol gebruik gemaak van minimalistiese kostuums. Net karton rokkies met linte word gebruik as kostuums en om te onderskei tussen verskillende karakters. Die synergie tussen die twee akteurs, Cintaine Schutte en Mariechen Vosloo, is merkwaardig.
Gedurende Meerfout is daar goed gebruik gemaak van beligting om by te dra tot die ritme van die dialoog en om klem te le om sekere fasette van ’n vrou se lewe. Daar word op een staduim gebruik gemaak van ’n lig wat helder tussen die akteurs se bene skyn. Daar word ook klem gele op die karton-rokkies deur middel van beligting; asof daar bedoel word binne elke vrou is skuil daar nog ’n meisietjie wat wil speel en kreatief wil wees.
’n Vrou is vroom én wild, konserwatief én liberaal, sag én hard, ‘n moeder én n minnares, ‘n hartsvriendin én tog…eensaam. Hom harmonie te vind tússen al hierdie fasette is die uitdaging, en skoonheid, van vrouwees.
Meerfout is ’n stuk wat bemagtig en vryspreek. Dit neem vroue in die gehoor aan die hand en neem hulle op ’n reis om eenvoud te vind tussen die twee stemme wat binne elkeen fluister.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s