Wat jy moet weet oor aanlyn veiligheid

Stellenbosch- Vir meeste mense is die kuberruim ʼn plek om te ontspan, inligting te deel met geliefdes of om vinnige, maklike besigheid te doen. Maar, die kuberruim hou ook potensiële slaggate in vir dié wat nie die nodige voorsorg tref nie.

Gys Malan, ʼn IT spesialis is van mening dat aanlyn spioenasie en die steel van aanlyn inligting wel plaas vind. “Ek sou sê dat dit baie meer algemeen is as wat die gewone ou op die straat dink. Dit word al hoe meer algemeen dat organisasies en regerings aanlyn aangeval word. Dit is ook belangrik om te onthou dat “baie van hierdie ‘hackers’ werk ook vir regerings”.

“Baie persoonlike inligting word elke dag gesteel sonder dat jy ooit regtig daarvan bewus is. Gewone webtuistes kan ‘gehack’ word en so kan jou epos en ander persoonlike inligting gesteel word. As daar ʼn virus soos ʼn Trojan op jou foon of rekenaar gelaai word kan dit ook beteken dat iemand anders die inligting op jou rekenaar kan gebruik.”

“Mens moet ook bewus wees dat ‘servers’ van Apple of Sony en ander maatskappye ook blootgestel is aan ‘hacking’ en dan kan persoonlike inligting sowel as rekening inligting gesteel word.”

Onlangs het bekendes in Amerika soos Jenifer Lawrance lelik deurgeloop toe hul iCloud rekenings ‘gehack’ is en persoonlike boodskappe en foto’s gesteel is en met die wêreld gedeel is.

Sony het ook al deurgeloop onder ‘hackers’ toe hul kliente se persoonlike rekening inligting op beslag gelê is en verbruikers se kredietkaart besonderhede gesteel is.

“’Hacking’ is definitief ʼn realiteit vir almal oor die hele wêreld. Ons moet bewus wees van hierdie goed maar mens hoef ook nie paranoïes te wees nie. Daar is darem voorsorgmaatreëls wat ʼn mens kan tref om jou persoonlike risiko vir ‘hackers’ laag te hou.”

Malan sê die maklikste manier om jouself te beskerm is om net ʼn antivirus te laai op jou persoonlike rekenaar asook op jou foon.

“Wat ook baie belangrik is, is om gereeld jou antivirus op te gradeer. Virusse verander elke dag en wanneer ʼn antivirus opgradeer word gee dit die antivirus kans om nuwe virusse te kan herken en dan ook reg te verwyder.”

“Moet ook nie net sommer op advertensies wat op pop sommer klik nie. As jy ʼn webtuiste oopmaak en dit begin iets outomaties af te laai moet jy dadelik dit toe maak!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s